Translated and edited by Bastian Auser:
The only witness of Louis du Toit's execution was killed(silenced) a week prior to his testimony at Pretoria's court.... this man could directly connect dots with the assasination of a young father at Pretoria's court, but is gone now...
Thabang Solomon Dambuzu was killed a week prior to the trial.
Dambuzu was arrested along with Ephraim Temba Makhubela after Louis du Toit (29) was shot dead on March 2, 2015.
Dambuzu was later offered to testify against Makhubela as state decided to use him as a state's witness....all charges against were withdrawn in return...
Du Toit who was in possession of the company's money, was also robbed of about R130547($9.500 USD) on what he was murdered(shot at point blank in the stomach after surrendering the money to black terrorists)....
In Afrikaans:
Die enigste getuie is vermoor ’n week voordat hy ’n man regstreeks met die moord op ’n jong pa van Pretoria in die hof sou verbind
Thabang Solomon Dambuzu is ’n week voor die begin van die hofsaak doodgeskiet.
Hy is destyds saam met Ephraim Temba Makhubela gearresteer nadat Louis du Toit (29) op 2 Maart 2015 doodgeskiet is.
Dambuzu het later aangebied om teen Makhubela te getuig. Nadat die staat besluit het om hom as staatsgetuie te gebruik, is alle aanklagte teen hom teruggetrek.
Luidens die klagstaat, wat feite behels wat vermoedelik deur Dambuzu gegee is, het hy en Makhubela saam met ene Lucky dié pa van ’n tweejarige dogtertjie voorgekeer toe hy by die Pretoria Hyper Chicken & Meat-slaghuis in Pretoria-Wes uitgekom het.
Du Toit was op pad om R130 547,40 van die onderneming, waar hy die bestuurder was, bank toe te vat.
Hy het sonder teëstribbeling die sak met geld aan die gewapende aanvallers gegee.
Toe skiet een van die drie hom in elk geval.
Die staat sou aanvoer dat Makhubela saam met Dambuzu en Lucky “beplan en saamgesweer het” om Du Toit voor te lê en te beroof.
[Louis du Toit se lyk word toegegooi kort nadat hy op 2 Maart 2015 vermoor is – al het hy die sak geld vir die rowers gegee. Foto: Herman Verwey ]
Louis du Toit se lyk word toegegooi kort nadat hy op 2 Maart 2015 vermoor is – al het hy die sak geld vir die rowers gegee. Foto: Herman Verwey
“Op 2 Maart 2015 het Dambuzu en ’n persoon net bekend as Lucky in Dambuzu se voertuig na ’n vooraf bespreekte punt gery.
“Terwyl die beskuldigde (Makhubela) en Lucky na die winkel is om die beplande aanval uit te voer, het Dambuzu in die luierende voertuig agtergebly,” lui die klagstaat.
“Die beskuldigde en Lucky het die oorledene voorgekeer. Hulle het die geld geëis, wat hy vrywillig aan hulle oorhandig het.
“Een van die twee (aanvallers) het egter nogtans die oorledene doodgeskiet.
“Oorsaak van dood: Skietwond in die bors,” lui die klagstaat.
Die aanvallers het gehardloop waar Dambuzu gewag het en weggejaag.
Lucky is nog soek.
Makhubela is vroeër op borgtog vrygelaat.
Ná vele haakplekke in die saak sou die verhoor Maandag in die hooggeregshof in Pretoria teen Makhubela begin het.
Toe word die regter ingelig dat Dambuzu vermoor is.
Hy het glo op Vrydagoggend 23 Julie met die aanklaer gepraat ter voorbereiding vir die verhoor.
[Die polisiepamflet wat vroeër uitgereik is in die soektog na Lucky Mnisi, wat meer lig op Louis du Toit se moord kan werp. ]
Die polisiepamflet wat vroeër uitgereik is in die soektog na Lucky Mnisi, wat meer lig op Louis du Toit se moord kan werp.
Daarna het hy ’n oproep gekry en is hy na Marikana toe.
Daar is hy doodgeskiet.
Die staat is glo eers hiervan ingelig nadat die polisie nie vir Dambuzu kon opspoor nie en sy familie die afgelope naweek genader het op soek na hul getuie.
Die verrigtinge is Maandag tot die volgende dag uitgestel
om getuienis oor Dambuzu se moord aan te hoor.
Daar moet besluit word of die staat wel nog ’n saak sonder hul hoofgetuie teen Makhubela het.
Du Toit se familie was ook by die hof.
Sy ma, Nettie, het gesê: “Ons vrees dat die saak net hier gaan doodloop, dat die aanklagte teen die beskuldigde teruggetrek gaan word.
“Ons het so geveg om die saak so ver te kry en nou dit! Met Lucky wat steeds weg is, klink hierdie (Dambuzu se moord) vir my so beplan, want nou is daar geen getuienis teen die beskuldigde nie.
“En waar is die Lucky?
“Ons is so teleurgesteld, eintlik geskok. Dit klink soos ’n fliek. Ek dink hier is baie meer aan die gang.”
Source:
No comments:
Post a Comment